Testimonials

A10013441_1025606220790673_376696503360755889_os ek een word moet kies om jou werk op te som sal dit MOEITE wees. Dit is so eenvoudige woord wat soveel kan beteken vir iemand anders, word dikwels so min waardeer en vat tog soveel van die een wat gee. Dankie dat jy moeite gedoen het om ons te help met die beplanning van die tydlyn vir die dag. Dankie dat jy en Werner moeite gedoen het om ons in ‘n paar uur op te som, raak te sien waarvan ons hou en aan te pas daar by. Dankie dat julle die moeite wat ons gedoen het met die dekor vas te vang en soveel mooier te laat lyk op die fotos. Dankie dat jy moeite gedoen het om al die spesiale oomblikke vas te vang op ongelooflike fotos. Dankie dat jy moeite gedoen het om die album so spesiaal te maak vir ons. Die feit dat jy soveel moeite doen gaan jou nog baie ver vat! Weereens baie dankie!        – Shai & Danel

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

dirk louise

Hi Linda, ek wil net vir jou weer baie dankie sê vir Dirk en Louise se troufoto’s en die pragtige albums! Het die albums nou vir die eerste keer die afgelope naweek gesien. Dit is “out of this world” beautiful. Ek het regtig nog nooit sulke mooi albums gesien nie! Ons dink jy is by verre die beste fotograaf in die land! Jou betrokkenheid by die hele dag sonder om oor te neem, maar ook oral te wees, is net ongelooflik! Jy het niks gemis nie, en die beste is, mens het nie eens agtergekom jy neem al die foto’s nie. Ons is seker jy gaan net sukses behaal in jou toekoms en ons gaan beslis ‘n geleentheid soek om weer van jou dienste gebruik te maak! BAIE, BAIE DANKIE!     – Louise, Mother of Dirk & Louise

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

testimonials0001

Wow Linda! Jy het jouself oortref!! Woorde kan nie beskryf hoe mooi ons troufoto’s is nie! Ek en Kevin is so in ons skik met AL die foto’s, jy maak dit vir ons baie moeilik om foto’s uit te kies om te print! Almal vir wie ek nou al die foto’s gewys het wil net weet wie is hierdie stunning fotograaf wat die foto’s geneem het. Mens kan sien dis pure passie! Julle het soveel moeite gedoen! Almal wat by die troue was en wat nou al van die fotos gesien het, se ons kon nie ‘n beter fotograaf gekies het nie. Dankie dat jy elke oomblik vir ons in goeie herinneringe vasgevang het, jy is absoluut net die beste!!       –  Kevin & Willemien

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

testimonials0003

Ons kyk met ander oë na foto’s te danke aan jou. Geseënd om saam met sulke talentvolle mense op planeet aarde te wees! Jys ‘n engel uit die hemel uit gestuur met ‘n kamera in die hand. Beste dag van ons lewens!       

–  Herman & Marieke

Click HERE to see their wedding photos.

 

 


testimonial 3“WE LOVE THEM!!! We absolutely love our photos. Thank you Linda! Your unique style has really given us so many treasured photographs, which we are constantly looking at! More than ever we now realise that wedding photos are the one true reminder of your special day, and they need to capture who you are as people and the love and emotion you experience. Linda, you perfectly captured the essence of our day for us. You knew I was so concerned about cheesy posed photos as that how easily those can happen! You’re an outstanding photographer and a creative genius. With our theme being very rustic and vintage we could not have wished for better pictures. You were outstandingly professional and warm, and you really made a great impression on our guests, and the people who have seen our photos. We will be highly recommending you. Thank you capturing our special day with your beautiful photography x”          –  Werner & Megan 

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

 

testimonials0002

Ek wil net graag vir julle vreeslik baie dankie se vir ons ongelooflike, asemrowende stunning albums en fotos! Dankie vir julle professionaliteit van die begin af al met die engagement shoot! Dankie dat julle my en Le Roux op ons gemak laat voel het op ons groot dag en ons gerus te stel dat julle ons mooiste memories sal vasvang! Ons is so gelukkig met ons fotos en dat ons gekies het dat jy ons fotograaf op ons groot dag moet wees! Dit sal verseker ‘n erfstuk word en ons mooiste herinneringe is nou veraltyd!               –  Le Roux & Leandri

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

testimonials0004

Ons looooovvvveeee ons album en die foto’s is so mooi! Vreeslik baie dankie! Jy’t so baie talent en ek bid sommer dat jou loopbaan net meer geseën sal word! Ons kan sien al die tyd en moeite wat jy daarin gesit het! Baie dankie!   –  Robert & Izilda

Click HERE to see their wedding photos.

 

 


testimonial 2Baie baie dankie vir al jou moeite en al jou harde werk! Ek sal jou defnitief recommend, en as ek ooit weer n fotograaf nodig het, sal dit jy wees!  
 –  Manie & Mariska 

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

 

testimonial 1

WOW WOW WOW !!!!!! Baie dankie vir die amazingste foto’s ever =) Als is perfek, ons is so happy dat julle ons foto’s gedoen het. Baie baie dankie jy het ons so happy gemaak!   –  Leon & Arina 

 

Click HERE to see their wedding photos.

 

 

All the way from Norway!    –  Andreas & Donné

1276578_669144896436809_412830285_o